Erotiese Fantasie

Fantaseer jy as jy sex het of matrubeer?


Advertisements

Seks – Ons doen dit…maar sê nie

Ek het al baie daaroor gedink en gewonder waar kom die houding van mense met betrekking tot seks vandaan?

Almal doen dit (ek hoop so) en almal geniet dit (ek hoop ook so) maar niemand mag dit erken nie.

Die vrae wat opkom is:

  1. Hoekom beskou mense seks as ‘n skande?
  2. Hoekom is mense skaam om te sê hulle geniet seks?

Ek dink dit het te doen met die feit dat mense dit vrees wat hulle nie kan beheer nie. Wees eerlik, daardie oomblik wanneer jy ‘n orgasme bereik is jy glad nie in beheer van jouself en jou emosies nie. Dit is wat mense vrees.

orgasm

Ons lees dit skelm.

Sy sien hom ingedagte na die rekenaarskerm staar toe sy verby sy studeerkamer loop.

Sy loer in: “Wat maak jy?”

“Ek lees hier iets interessant.” antwoord hy sonder om op te kyk,

Sy gaan staan agter hom. Op die skerm is daar ʼn foto van ʼn kaal vrou op ʼn swart agtergrond. Sy lees die woorde in oranje bo die foto. “Slaaptydstories vir Grootmense”

“Dit lyk interessant. Is dit ʼn boek?”slaaptyd-cover

“Ja, ʼn e-boek” hy rol die muis ondertoe na waar die boek detail gegee word.

“Waaroor gaan dit?” sy buk vorentoe om te lees en sien sy die nat kol voor op sy broek. “Het jy dit klaar gelees?

“Net die sample.” antwoord hy en laat sak sy hand selfbewus oor die voorkant van sy broek.

“Gaan jy dit aflaai?”

Hy kyk op na haar en dan na die deur. Hy hoor sy skoonma in die kombuis vroetel.

“Dis porn.” fluister hy sag.

“Ons kan die vanaand skelm in die bed lees.” fluister sy terug.

“Jou ma soek alewig naaldwerkpatrone op my tablet.” Hy kyk weer vir die deur.

“Sal haar dalk net goed doen.” sy het nou self die muis oorgevat en rol oor die skrywer se opsomming van die boek. “Hier staan dan dat dit erotika is, nie porn nie?”

Hy vat die muis weer by haar en klik op die aflaai skakel. “Ek gaan dit op my foon aflaai. Sy kyk nooit op my foon nie.”

Sy gee hom ʼn drukkie en kyk weer af na die nat kol voor op sy broek.

“Moet nou sonder my lees nie.” sy soen hom op die voorkop en stap uit.

 

Slaaptydstories vir Grootmense- 72 uur voor publikasie

Die groot wag.

My boek is voorgelê en behoort, as dit in die huidige formaat goedgekeur word, binne 72 uur by Amazon Kindle beskikbaar te wees.

Dankie aan my lewensmaat, Ideal Reader (Steven King se uitdrukking), vir al die raad geduld en proeflees. Dankie ook aan Skoonsus vir die motivering en die “different point of view”.

Dankie aan al my blog-vriende omdat julle dit gaan lees en resensies skryf. Ek gaan die skakel hier pos sodra die gepubliseer is.

slaaptyd-cover

Slaaptydstories vir Grootmense

Uiteindelik is my kortverhaal-bundel gereed vir publikasie. Dit voel of ek te bang is om te laat gaan. So asof ek iets kosbaars uitleen… nie weggee nie… uitleen.

Van die stories se skeppingsdatum op MSWord is 2002 maar van hulle is in werklikheid langer terug geskryf. Ek het van hulle, in die dae toe ons Lotus123 gebruik het, geskryf. Iewers in ʼn laai is ʼn storie wat met potlood op musiekpapier geskryf is.

Ek moes veertien stories, van die twee en veertig wat ek op my rekenaar het, kies.

Die skryfproses, ʼn eensame werk volgens kenners, was nie vir my so eensaam nie. Ek het eerder myself onderbreek deur gou iets te doen wat niks met my skryfwerk te doen het nie.

Dit voel egter of ek saam met die karakters gelewe het en of ek nou wegtrek na ʼn ander dorp toe. Ek gaan julle mis Henrietta, Ta’ Annie, Amelia Joubert en julle ander wat nie name het en nie name het nie maar wie se gesigte… en anatomie… vir my so bekend is.

Hou die spasie dop! Ek publiseer eers net op Amazon Kindle daarna sal ek die ander verspreiders pak.

 

Tyd van alleen wees


Hy het saam met sy ouers daar vakansie gehou. ’73 tot so ’77. Toe is hy klaar met matriek. Daarna het hy alleen kom vakansie hou.

Hy het haar in ’76 ontmoet. Hy, 17 en in standerd nege alleen op die strand.

Sy 26 en bou met haar twee kinders sandkastele.

Hulle het gesels. Hy eensaam van alleen wees. Sy wil eensaam wees.

Hy het aan haar arm gevat en sy hand terug getrek.  Sy het gese haar man vang elke dag vis en suip dàarna by een van die kroee.

Hy het weer aan haar hand gevat en nie weggertrek nie. 

Die kinders het gekyk en weggekyk.

Daardie aand het hulle by die strand ontmoet. Haar kinders het geslaap en haar man was dronk.

Hulle was lief

Hulle lywe was nat soos hulle soene.

Die sand korrels aan sy ereksie het haar vulva geskuur.Die wrywing het die orgasme aangejaag.

Hulle het vol sand en sweet in die oggend son wakker geword en met die seewater afgespoel.

Nooit sal dit weer gebeur nie maar in hulle gedagtes… oor en oor.

Wat was haar naam?… wat was sy naam?… wat maak dit saak?