Afrikaanse Resensie en Vertaling van ʼn Uittreksel van: “How to Build a Girl” deur Caitlin Moran

Caitlain Morgan, wat in 2011 die “debatteerbare” fenomenale boek “How to be a Woman” geskryf het, het nou ʼn (moontlike outobiografie?) boek geskryf oor die lewe van ʼn 14 jarige protagonis wat uit haar lewe, van ʼn oorgewig, maagd-tiener, wil kom. In haar verbeelding bou sy ʼn ander “ek” wat ʼn drinkende, wysneus meisie is. Die storielyn is liefdevol en grappig maar tog skep dit die protagonis as ʼn karikatuur van haar eie omstandighede.

Daar is ook heelwat erotika. Die protagonis bepeins, in die opsig, deurentyd die onregverdigheid van haar oorgewig liggaam. Daar is verskeie verwysings na haar eie erotiese gedagtes soos “”You wouldn’t denigrate a plumber with a lot of experience fitting bathrooms.” en tydens ʼn oomblik saam met ʼn goed bedeelde man “I feel like a snake handler on Blue Peter”. Wat seksuele verhoudings betref is daar verskeie selfsugtige minnaars en sy besef hulle doen niks vir haar ontwil of bevrediging nie. In haar eie woorde wil sy “Sex with more of me in it.” hê. Dan is daar natuurlik die verwysings na mastrubasie waarna in die vertaling onder verwys word.

How to Build a Girl is ʼn verwysing na persoonlike ontwikkeling proses waardeur ʼn persoon gaan eerder as ʼn eksakte wetenskap van ontwikkeling. Dit spreek van die innerlike stem van ʼn oorgewig, opgevoede, werkersklas tiener. Dit geld eintlik vir enigeen, ongeag jou ouderdom, geslag of omstandighede.

Dit kan beskryf word as ʼn bietjie wild maar dit is tog grappig, ryk aan verbeelding en goeie vermaak.

Uittreksel (vertaling):

“In die begin was my bondgenoot hierin, die familie haarborsel. Bedags, na ek my kuif met die groot kombuisskêr gesny het, het ek dit gebruik om my hare te borsel. In die aande het ek die steel van daardie versorgings item gery asof die ʼn seksperdjie is. Ek het sy funksionaliteit in een beweging verdubbel. Die feit dat ek dit gebruik het om te masturbeer het daaraan, in die opsig, meerdoelige funksies gebied. Twee aparte lewens. Een altyd verbloem. Daardie brawe ou borsel… en niemand het geweet nie.

Ek het in daardie tyd besluit om my ontluikende onderarm reuke te verbloem. Ek het ʼn botteltjie Mum onderarm-reukweerder in ʼn apteek gegaps. Op die bus, op pad huis toe, het ek besef dat die bottel verbasend, nuttig en blatant, soos ʼn gelukkige, bonkige penis gevorm is. Duidelik, met die Britse-tienermeisies in gedagte, is die pink, koepelvormige proppie en die versigtig gekontoerde vorm van die bottel, ontwerp. In die laat 1980’s was dit die Britse-tienermeisies se gewildste reukweerder. Die waarheid was ooglopend: Proctor en Gamble het aan die adolessente meisie, ʼn Beginner Dildo vir net 79 pennies verkoop. Het hulle geweet? Natuurlik het hulle geweet – hulle het “mind games” met ons gespeel. Vir watter rede – anders as ʼn sadistiese spel – kon hulle nie minstens dit, waarmee miljoene tiener meisies hulle self tot die uiterste seksueel bevredig het, iets anders as “Mum” noem nie? Is jy so desperaat dat jy seks met jou “Mum” sal hê? My eenvoudige antwoord daarop was, terwyl my kamerdeur gesluit was en ek op die mat gelê het: JA.”